| |
Welkom by die Waldtrudering Vrywilligers
Brandweerdiens webruimte
Geagte Besoeker Baie dankie dat u ons webruimte besoek het.
Op die webruimte sal u meer inligting oor ons en ons aktiwiteite
vind, indien u meer spesifieke inligting verlang voel vry
om ons te kontak deur middel van e-pos.
Ons behoort aan die Munich Vrywillirgers Brandweer Departement
wat dien as 'n aanvulling tot die profesionele brandbestrydingsdiens.
Daar is huidiglik 21 sulke stasies wat hoofsaaklik aan die
buitewyke van die stad gevestig is.
Die 37 vrywilligers kom van uit alle lewens omstandighede
maar met een gemeenskaplike passie, brandbestryding. Ons werk
saam met en op gelyke vlak met die profesionele brandbestryders.Ons
word vir beide plaaslike insidente asook groter stadswye noodgevalle
soos vloede of groot brande uitgeroep. In 2002 het ons selfs
uitgehelp met die wydverspreide vloede in Saxonia. Huidiglik
hanteer ons gemiddeld 50 uitroepe per jaar.
Ons brandbestryders gaan deur basies
asook intensiewe opleiding wat strek vanaf brandbestryding tot
die hantering van giftige en gevaarlike materiale, en gevolglik
is ons in staat om amper enige noodgeval te hanteer.
Aktiewe diens begin vanaf ouderdom 14 met deelname in die Jeug
Brandbestrydingsdiens. Volle noodgevalle diens begin eers op
ouderdom 16. Ongewoon vir Duitsland vereis die Munich Brandbestrydingsdepartement
dat alle lede vanaf ouderdom 18 opgelei word in die gebruik
van outonome asemhalings apparaat.
Ons word ondersteun deur 'n liefdadigheidsorganisasie wat geld
van skenkers in die area ontvang. Die hoofdoel is om die plaaslike
gemeenskap te bedien, ondersteun en kontak met die gemeenskap
te bewerkstellig. 'n Taak wat moeiliker gemaak word deur anonieme
moderne stadslewe. Die organisasie help ons ook om noodsaaklike
apparaat wat nie standaard toerusting is nie te bekom, byvoorbeeld
gespesialiseerde waterpompe, defribilators en waaiers vir rook
verwydering.
Vrywillige Brandbestrydingsdepartemente in Duitsland speel histories
'n baie belangrike rol in die gemeenskap. Daar is huidiglik
1.3 miljoen vrywilligers wat veiligheid en beskerming regdeur
die land verskaf. Beroepslui is gesentreer in die stede en korporatiewe
brandbestrydingsdepartemente byvoorbeeld in raffinaderye.
|
|